Dankie aan my
heavy wat bereid was om hierdie wenresep te deel!
1 teelepel gis
1 teelepel sout
2 teelepels suiker
75ml louwarm water
2 koppies koekmeel
Meng gis, sout, suiker en water in 'n koppie en laat staan vir 5 minute. Gooi watermengsel by koekmeel en meng goed. Laat deeg staan vir 30 minute. Rol deeg uit, steek 'n paar gaatjies met 'n vurk in en pak dit vol lekkernye. Bak in die oond teen 220 grade vir 10 minute. Deeg maak twee groot pizzas.
My pizza: bietjie blatjang en maaskaas gesmeer op die deeg, salami, sampioene, pesto, knoffel, bloukaas, cheddar en mozzarella. Dis die volgende dag nog heerlik!
*
Mr Price Home verkoop allemintige pizzapanne.