Na die eerste sin van Etienne van Heerden se Die Swye van Mario Salviati het ek geweet dit gaan 'n puik boek wees. Die intrige, smart en historiese feite het my deurentyd ademloos gelaat.
Van Heerden het deeglike navorsing gedoen: die verhaal speel af in 'n klein dorpie in die Karoo en strek van voor die Anglo-Boereoorlog tot net na die nuwe demokrasie in 1994.
Met goud, water en vere as hooftemas vleg die storie van die Pistoriusse en Berghs soos 'n veelkleurige mat inmekaar.
'n Fantastiese boek - verseker een van die beste Afrikaanse boeke wat in die laaste eeu publiseer is.
"Sagte, harde klip; ek ruik jou brandreuk soos die vuur in jou kla omdat ek jou wil mak maak; ek ruik in jou die smelt en die omdolwings van jare gelede, toe God nog die mens aan die droom was, toe jy, ouer as ons almal, hier gebore is uit materiale so sag en vloeibaar soos water."
No comments:
Post a Comment