Wow! Dis nie elke dag dat ek 'n boek lees wat my denkwyse en emosies laat bommelakisie slaan nie!
Barbara Kingsolver se The Poisonwood Bible het juis dít gedoen en meer.
'n Amerikaanse sendeling met sy vrou en vier dogters vaar die Kongo in, maar het geen idee watter uitdagings - om dit ligtelik te stel - vir hulle wag nie. Geen elektrisiteit, geen lopende water en die aanhoudende soeke na kos, is van die basisie probleme wat hul daagliks in die oë staar.
Die outeur het intieme historiese navorsing gedoen en daar is deurlopend verwysings na die politieke welstand van die land, met 'n blik na Patrice Lumumba se kortstondige demokrasie sowel as die diktatorskap van Mobutu Sese Seko.
The Poisonwood Bible is beslis die beste boek wat ek hierdie jaar gelees het. En die vreemde titel? Die antwoord daarvan is teen die einde van die roman bekend.
Briljant! Vyf sterre!
“Don’t try to make life a mathematics problem with yourself in the
center and everything coming out equal. When you’re good, bad things
can still happen. And if you’re bad, you can still be lucky.”
“I’ve seen how you can’t learn anything when you’re trying to look like the smartest person in the room.”
“The power is in the balance: we are our injuries, as much as we are our successes.”
No comments:
Post a Comment