Na 'n lang winter en 'n lente met sporadiese donderstorms het die seisoen van luilekker dae in die son aangebreek - en ons gryp dit met albei hande aan!
Kleinbrak het haar gate uit geniet en 'n modderpoel gesoek om in af te koel (tot my beminde se frustrasie wat haar daarna moes was). Ons het gesmul aan 'n stukkie vleis en 'n kaas-en-uie-broodjie wyl ons in die son gebak het en gegiggel het vir die ander besoekers met sonsambrele; daar is tog koeltebome om teen die verwoede son te beskerm!
Maar soos dit nou maar gaan na die eerste kuiertjie in die son, is ek nou fifty shades of red.
No comments:
Post a Comment