1.2.12

The Virgin Suicides

The Virgin Suicides deur Jeffrey Eugenides handel oor die selfmoord van die vyf Lisbon-dogters, almal in hul tienerjare.
Hoewel die outeur se invalshoek uniek is: die derdepersoonsverteller (‘n groep seuns) wat die gebeurtenisse uiteensit en die Lisbon-susters probeer verstaan, kry mens wel die gevoel dat selfmoord geromantiseer word.
Sy tegniek is goed, maar die storielyn is met tye vervelig en sonder die emosie wat aan hierdie tema gekoppel word.
Eugenides is ‘n gesoute skrywer met die kontroversiĆ«le Middlesex en die onlangs gepubliseerde The MarriagePlot onder sy belt.


Bad

Die grootste les wat ek geleer het met die bouery is dat niks volgens plan verloop nie – en dat jy vir jou eie onthalwe aanpasbaar moet wees.
Maar wanneer daar eindelik iets klaar is wat drie maande gelede in werking moes wees, bokspring jou hart!
Met ‘n vreeslike gesukkel om die bad waterpas te kry, is die pype en krane gekoppel en die badmuur gepleister.  Nou moet die bad vir ‘n paar dae staan en dan is dit ek en ‘n glas rooiwyn in ‘n kokende borrelbad…