Soos dit nou maar gaan met dames, raak ek vinnig verveeld met my hare. Met die dat my hare die laaste twee jaar presies dieselfde lyk (lank, reguit, donker met grys drade hier en daar) eksperimenteer ek graag met knippies, strikkies, rekkies en rosies. Maar helaas, dit was tyd vir 'n verandering!
So verlede week is ek na my haarkapster met 'n idee in my kop wat my beminde aangehuts het. Krulle. Permanente krulle.
Na drie moeisame ure kyk ek vir myself in die spieël, moet ek lag of moet ek huil? Ek het two-minute-noodles vir hare!!
as dit soos noodles gelyk het sou ek dit lankal geëet het :)
ReplyDelete