26.2.13

A Fine Balance

A Fine Balance deur Rohinton Mistry  het my getref soos 'n mokerhou wat my wind uitgeslaan het - dit is só kragtig.
Mistry se roman ondersoek die lewens van vier mense oor die tydperk van ongeveer een jaar wanneer hulle onder een dak bymekaar kom. Dié jaar stel Indira Ghandi ook haar Noodtoestand bekend nadat die Indiese Hooggeregshof haar verkiesing as onwettig verklaar het.
Hoewel die boek as fiksie geklassifiseer word, het die outeur indringende navorsing gedoen oor die politieke maatreëls van die tyd.  Dit sluit onder andere in: die sterilisasie van die Indiese volk (wat breedvoerig bespreek word); gewelddadige rassisme; en die sosio-ekonomiese toestande van veral die armsaliges.

Dit is 'n puik roman wat ek aan enigeen sal aanbeveel.

“You see, we cannot draw lines and compartments and refuse to budge beyond them. Sometimes you have to use your failures as stepping-stones to success. You have to maintain a fine balance between hope and despair.' He paused, considering what he had just said. 'Yes', he repeated. 'In the end, it's all a question of balance.”  

“But nobody ever forgot anything, not really, though sometimes they pretended, when it suited them. Memories were permanent. Sorrowful ones remained sad even with the passing of time, yet happy ones could never be recreated - not with the same joy. Remembering bred its own peculiar sorrow. It seemed so unfair: that time should render both sadness and happiness into a source of pain.” 

“The human face has limited space. If you fill it with laughter there will be no room for crying.” 

 

25.2.13

Portugal

Ons Portugese aksie was 'n reuse sukses!
Met 'n Sangria à la Sue het die partytjie met 'n bang afgeskop. En die twee kêrels het soos regte slicks gelyk.

Voorgereg: Sosaties
Hoofgereg: Hoender, geroosterde groente met koljander en Portugese rolletjies
Nagereg: Queijadas




20.2.13

Elektrisiteit

Dit voel vir my soos Ripley's Believe It or Not.
Ons het na maande se geswoeg en -sweet met drade, conduits, drade, kragbokse, drade, ligskakelaars, drade, drade en nog drade, uiteindelik krag in ons nuutaangeboude vertrekke.
Ek is super opgewonde hieroor omrede die res van die huisprojekte nie naastenby so tydrowend gaan wees nie. 
Hoera vir elektrisiteit!

19.2.13

Angry Birds

My beminde het homself onlangs bederf met 'n Samsung Tablet.  Hy is vreeslik in sy skik daarmee en laai gedurig nuwe apps af.
Ek was effe skepties nadat hy Angry Birds afgelaai het, want hoewel almal daaroor gons, het dit vir my maar bra vervelig gelyk.  Ek kon nie meer verkeerd gewees het nie!
Die vervlakste speletjie het ons lewens oorgeneem - elke aand voor slaaptyd spandeer ons ongeveer twee ure om die voëltjies deur die lug te skiet om die groen monsters te elimineer.
Die geel voëltjie is my gunsteling: hy't 'n turbo funksie!


17.2.13

Rissies

Ons het twee rissieplantjies by ons kwekery gevoeg en die kleurspatsels laat dit nou te vrolik vir woorde lyk.
Kleinbrak wou deel in die pret en het in 'n japtrap die sak waarin die potgrond was vir haarself toegeëien. Never a dull moment!

 

13.2.13

Kleinbrak op die strand

Vir die eerste keer in Kleinbrak se nege jaar is sy saam met ons see toe!
Hoewel sy die eerste dag skrikkerig was vir die branders, het sy sommer gou die poele en rivier ontdek en baljaar in die water en sand. 
Ons het vir haar haar eie tentjie saamgevat en wyl ek en my beminde rustig 'n sosatie braai, rus ou Smallies vir die volgende avontuur. Kyk net; poegaai!


12.2.13

Inteendeel

Dit is Desember 1739. In die Kasteel se Donker Gat vertel die terdoodveroordeelde rebel Estienne Barbier sy verhaal aan 'n ontsnapte slavin met wie hy 'n skandelike nag deurgebring het.
Dit is 'n vertelling van 'n Franse soldaat wat in diens van die VOC na die Kaap kom waar hy met die korrupte goewerment bots.
Die roman is komies, vindingryk, buitensporig, gewelddadig en roekeloos. André P. Brink toer met hierdie boek deur die argiewe van ons land se verborge geskiedenis. 'n Meesterstuk!

"Ek is dood; jy kan nie lees nie: dié sal (daarom) nie 'n brief gewees het nie."

"Ons het alles van mekaar nodig. Ek was by te veel moorde teenwoordig. Sonder vergiffenis kan dit nie end kry nie."

Brazilian Carnival

Mardi Gras - Moolman style! Helder kleure, aromatiese geure en vrolikheid was in die lug - ons het tot 'n regte vakansie in Suid-Amerika beplan.

Voorgereg: Vrugtesosaties
Hoofgereg: Skaaptjoppiesosaties (op 'n rotisserie - heerlik verby!)
Nagereg: Grenadillatert



Weber

Ek hoef nooit weer vleis in die oond te maak nie!
Ons het onlangs 'n Weber ryker geword en daar is niks wat 'n vleisie op dié braaier wen nie.



5.2.13

Hallo daar!

Ek is terug op die lug na 'n bedrywige Kersseisoen, 'n welverdiende wegbreek in Stilbaai en deurlopende internet-less-ness waarvan die rede steeds onbekend is.
Dit is wel 'n maand later - maar voorspoedige nuwe jaar aan almal.  Mag die jaar julle wildste drome oortref!
2013 was tot dusver een van my bestes: 'n nuwe Nissan Juke pronk in ons motorhuis, die werk stroom in, vriende en familie wat ver bly het ons met ope arms ontvang en ek het 'n onderhoud van my droom werk agter die rug.  Ek is super opgewonde oor wat die res van die jaar inhou!