The Shipping News deur Annie Proulx is soos die Engelse sal sê "a breath of fresh air" en 'n tipiese voorbeeld waar die film - met Kevin Spacey, Julianne Moore en Judy Dench - die boek nie tot sy reg bring nie.
Die storie is menslik met fokus op beide goeie en slegte dinge wat in 'n leeftyd met mens gebeur. Proulx skryf die verhaal in kort, bonkige sinne wat elke gebeurtenis en idee beklemtoon. Die hoofkarakter, Quoyle, is 'n joernalis en die outeur gebruik dit slim deur deurentyd opgemaakte koerantopskrifte van sy lewe voor te lê.
Beslis nie 'n boek wat jy rustig op die strand gaan lees nie: dit speel af op 'n eiland met skokkende gebeure op die see en in die omgewing.
“And it may be that love sometimes occurs without pain or misery.”
“A spinning coin, still balanced on its rim, may fall in either direction.”
“We're all strange inside. We learn how to disguise our differences as we grow up.”
No comments:
Post a Comment