Die alombekende nuusleser
Riaan Cruywagen het ‘n Suid-Afrikaanse ikoon geword na byna 43 jaar in die
uitsaaiwese.
Cruywagen het onlangs sy
outobiografie genaamd Wat’s Nuus? publiseer.
Ek was aanvanklik skepties
om dit te begin lees, maar was binne die eerste paragraaf aangenaam verras oor
die skreiende eerlike vertelling van sy familie en sy ervaring van die uitsaaibedryf.
Cruywagen het die vermoeë
om met homself die spot te dryf, staaltjies te vertel op ‘n humoristiese manier
en deernis aan die dag te lê wanneer dit verwag word.
Dit blyk duidelik dat hy
nie slegs die nuusleser is wat ons saans op SABC2 sien nie, maar ‘n
intellektuele, emosionele en trotse Afrikaner.
“As mens luister na die geradbraakte Afrikaans wat
in talle handelsflitse gehoor word, is dit duidelik dat reklame ‘n sluwe
jakkals is wat die wingerd verinneweer, wat in sy onverdeelde gedienstigheid
aan Mammon die taalstandaarde ondergrawe wat oor soveel jare met toewyding en
sorg gevestig is. En talle
stemkunstenaars doen lustig mee aan die verminking van Afrikaans omdat hulle
die kliënt tot elke prys ter wille wil wees – ten koste van Standaardafrikaans.”
No comments:
Post a Comment