30.5.12

Man in die middel

Man in die Middel, deur Chris Barnard, is 'n politiesgedrewe boek wat handel oor 'n Kleurlingman wie se vel so lig is dat hy hom voordoen as blank.  Die boek is in 1963 publiseer - op die hoogtepunt van rasseverskille - en in diĆ© lig gesien baie kontroversieĆ«l.
Die karakters word goed beskryf en toon binne die 136 bladsye merkwaardige groei.
Die moeilike vraag word gestel of jy dieselfde sou doen indien jy jouself in so 'n situasie sou bevind.

"Iewers aan die donker kant van die vertrek kibber 'n wekker oor minute.  As hy na die stryery soek, dreig twee glimmende wysters skielik skraal uit hulle sirkel syfers: trae sinopse voordat sy brein begryp dat dit eenuur is.  Hy soek na sy sigarette en vuurhoutjies.  Stilte.  Dan die bekende plofgeluid as die geel vlammetjie in die donker oopbars en sy vingers verlig."


No comments:

Post a Comment