Daar is nou maar sekere weke wat beter is as ander, en hierdie een val nie vir ‘n oomblik in daardie kategorie nie.
Die frustrasies wat gepaard gaan met ‘n bouery en ‘n trouery op dieselfde tyd kan nie beskryf word aan iemand nie. So elke ander “klein” dingetjie wat gebeur het die potensiaal om mens heeltemal te ontsenu.
Ek het gister die pad gevat Zambesi Aluminium en Glas toe om deure wat foutief was en herstel is te gaan oplaai. Zambesirylaan is niemand se vriend nie – maar as elke robot buite werking is grens dit aan ‘n vreesaanjaende katastrofe. By die glasplek aangekom was dit eers ‘n gestoei om te verduidelik dat ons vier deure afgelaai het en dat ek dus vier deure moet terugkry, nie drie soos hulle aandring nie. Phew… terug op robotlose Zambesi…
By die huis aangekom verduidelik my beminde aan my dat die bouers die dak so skeef opgesit het dat dit Elton John laat lyk soos Don Juan. Die dag se werk is verlore: al die sinkplate moet afgehaal word en hulle moet van voor af begin.
Al wat my op die stadium sou kalmeer was ‘n koppie Milo. Soos ek die koppie melk uit die mikrogolf haal om van die wonderpoeier in te gooi val die koppie uit my hand. Die hele kombuis was wit, so ook my klere, hare en oogwimpers.
Dié was nou die LAASTE strooi!!
min dae
ReplyDelete:)