Ons het so twee jaar terug ontslae geraak van Dstv om verskeie redes, maar grootliks omdat daar so baie kanale is en meestal niks om te kyk nie.
Kort daarna is ‘n multi-media player aangeskaf. Wat ‘n masjien! 500G se films, dokumentêre, series en musiek kan opgelaai word.
Vir ‘n bietjie afwyking gisteraand, het ons onsself gemaklik gemaak voor die televisie net om met groot irritasie agter te kom dat die afstandbeheer nie werk nie, die battery is waarskynlik pap. Hier is die kicker: dié tipe masjiene het nie knoppies op om by die gekose storie uit te kom nie, jy is totaal afhanklik van die afstandbeheer.
Tegnologie is partykeer skrikwekkend, en ander kere ‘n seën. Ons kon sonder moeite ‘n dokument op ‘n flash disk laai en op die Sony Bravia koppel, terugsit en vermaak word.
No comments:
Post a Comment