Etienne van Heerden se roman, Die Stoetmeester, is ‘n volronde verhaal wat ‘n verskeidenheid temas aanvat.
Die spesiale band tussen broer en suster is een van die opmerklikste boodskappe in die boek. Selfs in hul middeljare het die verteller en sy suster, Sarah, die vermoë – miskien gesien as ‘n sesde sintuig – om woordeloos te kommunikeer; om “aan te voel” as iets fout is.
Die omgewing speel ook deurgaans ‘n belangrike rol. Die ongerepte landskap van die Oos-Kaap word met deernis beskryf en die skrywer laat ‘n verlange oor aan die leser.
Met die rivier en floubokke as simbole word die psige van die hoofkarakters tot die uiterste ontbloot.
Die Stoetmeester is nie ‘n maklike lees nie: Van Heerden gebruik ‘n akademiese tipe-aanslag, en ek moet bieg, ek moes ‘n keer of twee ‘n woordeboek nader hark om sin te maak van bepaalde woorde.
“Mense uit milder streke sal nooit begryp waarom ons so bewus bly van die landskap nie. Die een oomblik getuig dit van ontbering en karigheid, die volgende oomblik is daar ‘n majestueuse beweging, asof ‘n beeldhouer met klip en wolk, grond en afstand as materiale ‘n bevlieging van inspirasie gekry het.”
sodra ek die laaste 3 ongeleesde boekklub-boeke klaar het wil ek die een aanvat...
ReplyDelete