2.1.12

'n Dak oor ons koppe

My beminde en sy assistent het met groot ywer aan die werk gespring om te verseker dat ons gouer eerder as later beskut is teen reën en wind en vreemde vlieënde voorwerpe. 
Die balke is verskriklik swaar en die dak is ‘n goeie agt meter hoog, so die twee het hul werk vir hul uitgeknip gehad.  Al agt balke pronk in die nuwe kantoor – ek glo ons sal teen die einde van die week simfonieë van reëndruppels op ons sinkdak hoor.


1 comment:

  1. dit lyk bevange kan nie wag om te sien hoe gaan dit lyk as dit klaar is nie

    ReplyDelete