Maandae is oor die algemeen redelik blou vir my – maar vandag was een van daai wat redelik sal uitstaan.
Kort na my beminde die pad gevat het om eiendomme te gaan inspekteer het ek ‘n boodskap van hom ontvang dat hy sy Blackberry moet restart as gevolg van ‘n tegniese probleem. Ek het nie veel daarvan gedink nie – maar toe ek ‘n boodskap terugstuur kom ek agter dat die ‘e’ op my sleutelbord foutief is.
Kort daarna het geen van die knoppies op die sleutelbord gewerk nie en was die logiese ding om my Blackberry ook te restart. Maar toe ek die ‘aan’ knoppie druk is my foon so dood soos ‘n mossie.
Dit kos my toe om te wag dat my beminde tuis is op die foon ‘n paar klappe te gee voordat hy aangaan, en nog ‘n paar trekke en stote voordat die sleutelbord werk.
Ek wil nie ‘n doemprofeet wees nie, maar ek vermoed hierdie is die begin van die einde.
Ek is nie bekend met die swartbessie wereld nie, maar almal is gaande oor hoe "awesome" `n blackberry is... Is dinge dan besig om inmekaar te stort in die swartbessie gemeenskap?
ReplyDelete