Ek is senuagtig as dit kom by tandartse. Selfs al is ek blou om die kiewe van tandpyn is dit nog nie rede genoeg om die foon op te tel en ‘n afspraak te skeduleer nie. Dit moet régtig erg wees.
Vanoggend by Doctor Torture (soos ek hulle graag noem) aangekom, word daar terloops gestel dat ‘n nood-wortelkanaal gedoen moet word. Moet ek lag of huil? Die rilstories wat ek van wortelkanale gehoor het grens vir my aan vingernaels-uittrek-met-‘n-tang of elektriese-drade-koppel-aan-oorlobbe.
Voor ek my oë kon knip is my mond oopgespalk en word daar met vreemde toebehore daarin gelol. Elke sekonde was ‘n nagmerrie – glo my vry.
Ek het met ‘n dik lip daar uit gestrompel met die wete dat ek oor ‘n week dieselfde paadjie moet loop. Ek sukkel om die silwerrandjie om hierdie donkerwolk te sien.
kry hom terug volgende week en eet bietjie vleis saam jou knoffel :)
ReplyDelete