So het ons huishouding drie yskaste.
Yskas een staan in die motorhuis as gevolg van ‘n gebreekte compressor. Die yskas is waarskynlik die nuwe woning van Mnr. en Mev. Muis, wat ander rondstaande items in die motorhuis met mening omstamp en verniel (dit is met tye regtig angswekkend).
Yskas twee staan in die effe beknopte kombuis (met die bouwerk moes ‘n paar strukture tydelik verander). Hoewel dié yskas ook nie werk nie, is dit by verre die aantreklikste: ongeveer 60 jaar oud met rondings en karakter wat enige SMEG sal laat bloos.
Die derde en enigste werkende yskas het nou ook die gees gegee. Omrede dié een 'n glasdeur het was dit nie te moeilik om agter te kom hoe pap die tamaties en gesmelt die kaas lyk nie.
Ons sal inderhaas 'n plan moet beraam - maar wonder net hoekom hierdie tipe goed altyd in hoogsomer moet gebeur?

No comments:
Post a Comment