5.10.11

Sizzle Sizzle

Die bouers is 07:00 op hul pos.  Kap kap kap.  Bou bou bou.  Kap kap kap. Teen 17:00 wat hulle huis toe suiker is ons flou met ‘n dowwe hoofpyn en keelseer wat slegs deur fyn stof en sement veroorsaak word. 
Maar wees nie bevrees!  Toe ek gister inspeksie gaan doen van die dag se werk, gee my hart ‘n bokspring: dit is in!  Die belofte van intieme kuiers, skaaptjoppies en braaibroodjies en ‘n vuurtjie om jou hande by warm te maak in die bitterkoue wintermaande.  

 Die braaier wat vir drie jaar in die motorhuis gestoor is.  Wat 'n blye dag!

1 comment:

  1. ek weet nie wat maak my meer opgewonde: die ekstra spasie in die garage of die vooruitsig van 50kg skaaptjoppe op die kole

    ReplyDelete