Dit word nog gebou dat die biesies bewe in ons agterplaas – daar is nie meer plek vir ‘n muis nie. Die braaikamer se blad van rib and block is op. Heee haaa!! ‘n Interessante konsep, dit werk soos ‘n legkaart: linthols en ander sementblokke pas inmekaar om ‘n blad te vorm. Sodra die ingenieursketse reg is sal ons sement kan gooi en gaan fase twee (kantoor en woonstel) aangepak word.
Daar staan yslike pale die braaikamer vol wat die linthols bo hou – my beminde loop met gemak daar rond, maar ek het ‘n kollosale vrees dat die hele spulletjie op my gaan neerstort. Hierdie tipe goed gebeur graag met my: verlede week het ek niksvermoedend pêns-en-pootjies in ‘n sloot geval. Letterlik dan nou deur die aarde ingesluk.
Al die stukke pas inmekaar
No comments:
Post a Comment