My moedertjie het Vrydagoggend gehoor dat sy die lank pad vanaf Stilbaai na Potchefstroom moet aanpak vir werk tydens Aardklop. Met dié stop hulle toe ook gistermiddag in Pretoria en het ons die geleentheid gehad om ‘n vinnige kuiertjie in te werk.
‘n Ma is ‘n fantastiese skepsel. Die onvoorwaardelike liefde en absolute blydskap waarmee sy jou omvou het geen gelyke nie. Jy voel weer soos ‘n kind in haar arms – afhanklik van haar sagte bors, haar bekende hande en die trots in haar oë. Jy is hare.
…Ek wens sy was net so ‘n bietjie nader…
No comments:
Post a Comment