13.10.11

Fabio die Flonker

Na ‘n lang oggend op die pad het ek besluit om vinnig by Irene Village Mall in te hardloop vir die nodige kruideniers by Pick&Pay.  Ek fnuik myself altyd om te dink ek gaan “vinnig” inkopies doen.
Vandag se afleiding het niks te doen gehad met hopelose diens of leë rakke nie, maar wel met ‘n Italianer en spieëls en ligte wat my soos ‘n superstêr laat voel het.  Wat ‘n frustrasie!
Ek het niksvermoedend die sentrum ingestap toe Fabio my voorkeer en my hare begin streel.  Hy ruk ‘n blink ding uit en toe ek my oë uitvee is die een helfte van my kop ‘n krullebol en die anderkant waterpas.  Teen slegs R3000 (wat later R2000 geword het) kan ek hierdie wondermasjien besit en ure se pret met my haredos hê.  I think not.
Nodeloos om die sê, ek was nog nooit so vinnig in en uit ‘n winkel nie – ek het gelyk soos iets wat ontsnap het uit die sirkus!

2 comments:

  1. Dis aaklig wanneer mense op jou afstorm in `n sentrum om goed aan jou te verkoop....die geheim is om so min as moontlik oogkontak te maak...en te maak asof jy op jou selfoon praat ;)

    ReplyDelete
  2. boehahaha @ skinnydude!

    ReplyDelete