Terwyl ek besig was met ‘n geurige kerrie (van die Oriental Plaza), het ek gemeen dat perske-stukke ‘n heerlike nagereg sal wees. Hoewel ek nie graag geblikte proviant voorsit nie, versamel ek die leë blikkies vir ons troue (ek herwin dan dus as’t ware).
Met die derde draai gly die blikoopmaker en is 3mm van die blik se deksel steeds geseël. Die vyfde draai gebeur dieselfde. Die begin/eindpunt kry ek nooit van mekaar geskei nie. En hier bevind ek myself met ‘n tammelêtjie: ‘n ronde blik deskel wat plek-plek nog vas is.
‘n Stemmetjie in my kop reken dat jy met geweld enige iets kan regkry. Soos ek die deksel met mening in die blik inslaan sien jy net taai perskesous spat! Daar is sous op die venster, daar is sous op die vloer, daar is sous op my gesig en tussen my tone – ek plak vas op die vloer soos ek spartel vir ‘n lap om op en af te vee…

Koo; right now you are so not the best I can do – ek het ‘n sny op my vinger as bewys daarvoor.
HAHA! Ek is seker Julia child het gereeld dieselfde beleef...Hoekom kos maak as mens nie nou-en-dan kan mors nie? ;)
ReplyDelete