Ek is tans besig met die ontwerp van ‘n webwerf wat die oorsaak van slapelose nagte is. Die kliënt verkoop ingevoerde en plaaslike speelgoed wat kinderboeke insluit.
Daar is onder meer opvoedkundige boeke: Knip en Plak vir Graad R; Geletterdheid vir Graad 1; Gesyferdheid vir Graad 2.
Gesyferdheid? Gesyferdheid… Gesyferdheid! Wie het dié woord opgemaak? Dit ontstel my verskriklik!
Geen wonder ons sukkel so met die kinders se huiswerk nie.
ReplyDeleteGesyferdheid...dis 'n mooi woord!! :-)
ReplyDeleteDaar is net drie tipe mense...die wat kan tel, en die wat nie kan tel nie.