Die Portugese restaurant, Catemba, is weggesteek in Hildastraat, Hatfield. Hoewel die dekor veel te wense laat, het die items op die spyskaart alle verwagtinge oortref.
Die sappige hoender schnitzel wat ek bestel het is gestop met spinasie en deurdrenk met ‘n sampioensous wat geen gelyke het nie. Jy wag ‘n bietjie langer vir die kos om voorberei te word, maar dit is elke hemelse happie die moeite werd. Hulle gebruik vars produkte en is beslis nie skaam met die botter nie.
‘n Lekker plekkie vir ‘n verlengde middagete indien jy jouself in die omgewing bevind.
Dit klink so lekker! You had me at "sappige hoender schnitzel"....
ReplyDelete