As ‘n kos(maak)liefhebber durf ek dikwels nuwe konkoksies aan – maar bittermin vanaf ‘n resep. Dit was vandag weer een van dàài dae in die kombuis. Ek gee vir julle: Pasta à la oh-my-greatness-I-think-I’m-going-to-have-a-heart-attack-but-it-is-so-worth-it!
- 3 handevol tricolour strikkie pasta
- 1 ui, in ringe gesny
- 1 eetlepel knoffel
- 1 pakkie spek, groot stukke gesny
- 1 pakkie swart sampioene, groot stukke gesny
- 500ml vars room
- Oreganum, Basiliekruid en Swart Peper na smaak
Kook die pasta tot byna sag terwyl jy die ui, knoffel, spek en sampioene braai. Gooi dit saam in ‘n pot en voeg die room en speserye by. Laat dit vir ongeveer 45 minute prut op ‘n lae hitte. Bedien met fyn gerasperde kaas en paprika vir kleur.
Ons het geëet dat ons lê – not for the faint hearted.
Pasta bederf
Dit klink AWESOME....Veral op `n reënerige dag saam met `n wyntjie...YUM
ReplyDelete