Sedert ons kennismaking met die Boeremark by die Pionier Museum vroeër die jaar, kan ons nie die reuk van pannekoek, braaivleis en vars produkte op ‘n Saterdagoggend weerstaan nie. Talle Pretorianers ondersteun weekliks die entrepreneurs wat nie slegs voedsel vir die ligaam verkoop nie, maar ook voedsel vir die siel bied.
Produkte wat ons graag koop sluit in: skaapribbetjies; hoenderpastei; kolwyntjies en ystervarkies; en gerookte koedoewors met kaas. Die hoogtepunt van die uitstappie bly vir my die Kahve koffie by die Koejawel stalletjie. Nadat ek byna al die geure uitgetoets het kan ek met sekerheid sê dat die Macadamia Latté voorwaar die gunsteling is.
Hazelnut Latté (Twee slukkies later)
No comments:
Post a Comment