Met die bouery saam het ons erf aansienlik gekrip. Vir Smalldog is dit ‘n groter aanpassing as vir ons. Gereelde uitstappies na die plaaslike parkie dien as ‘n redelike oplossing vir die pinarrie.
Met Smallies agter in die bakkie stop ons vir ‘n verversinkie. Ek het letterlik jare laas ‘n King Cone geëet, en hoewel dit heerlik was – soos alle roomys maar is – het ek ‘n vraag oor hierdie produk te stel. Het King Cones wel gekrimp, of het dit net baie groter gelyk toe ek ‘n astertjie was?
'n Bitter gelukkige Kleinbrak
No comments:
Post a Comment