18.12.11

Van trou tot rugby

Die naweek was bedrywig met 3 verjaardagpartytjies en ‘n Kerspiekniek – ons is flou!
Ons het wel interessante mense ontmoet: onder andere ‘n jong paartjie wat September 2012 trou. 
Nie ‘n oomblik se stilte van Mnr. en (soon to be) Mev. X nie.  Ons ken elke aspek van hulle naweektroue in die fynste besonderhede.
Toe die tweetjies aangaan oor Bloubul- en WP-rugby het ek en my beminde net gesug en verduidelik dat ons nie sportaanhangers is nie.
Mnr. X vra toe vreeslik bekommerd: “Nou wat is julle belangstellings?”
Ons was uitgeboul. Volgens sekere mense het jy geen lewe sonder rugby nie.

3 comments:

  1. rugby?
    wat is dit?

    ReplyDelete
  2. Rugby is waar jy die ander span moet uitboul met n rolbal. Elke span kry 50 beurte en die span met die meeste home-runs kan voor op die rooster wegspring.

    ReplyDelete
  3. dit klink vir my presies soos golf

    ReplyDelete