Almal in Fort 365 word ontwrig deur die bouery.
Ons moes vir ‘n tweede keer ons kamer ontruim, die keer vir pleisterwerk. Mabena en span is besig om hulself goed van hul taak te kwyt met die Rhinolite, maar ons vloer lyk soos Pole na die Tweede Wêreldoorlog.
Kleinbrak moes ook haar lêplekkie prysgee, en moet die studeerkamer vir eers “huis” noem. Dit lyk darem of sy steeds rustig slaap deur die chaos wat hier heers.
ek beny haar!!!
ReplyDelete