Ek het die fout gemaak om twee boeke van dieselfde genre na mekaar te lees. Met gevolg het Ordinary Thunderstorms deur welbekende en bekroonde outeur William Boyd my aanvanklik nie geboei nie.
Alhoewel, hoe verder ek gelees het, hoe beter het die storielyn geword.
Die hoofkarakter, Adam Kindred, ervaar ‘n 360° omwenteling nadat hy op ‘n moordtoneel afkom. Daar word ook interessante kommentaar gelewer op big business – in dié geval die farmaseutiese wêreld.
Dit is die moeite werd om die boek enduit te lees, daar wag ‘n verrassing met betrekking tot die antagonis.
No comments:
Post a Comment