Die naweek is daar weer so
geverf dat my beminde net moes keer of ek kry als wat ek sien met ‘n verfkwas
by!
Ek het ‘n ou plantrakkie
langs die huis opgespoor wat na my mening mooi by die tuinbankie sal pas as dit
wit is. Die rakkie pronk nou ook op die
stoep en lyk te pragtig met die paar kaktusse daarop.
ek sukkel nou nog om die verf van n paar plekke af te was ... :)
ReplyDelete