Hierdie resep het my al
vele komplimente besorg en dis heerlik op ‘n mistroostige wintersaand.
50g margarien
500g broccoli – breek in
stukkies
1 ui fyngekap
5ml vars knoffel
3 eetlepels koekmeel
1 liter hoenderekstrak
250ml melk
1ml gemaalde neut
Gemaalde swartpeper
250ml room
45ml medium sjerrie
200g fetakaas gekrummel
Smelt botter, voeg
broccoli by met ui en knoffel. Bedek en
laat sweet vir 10min. Voeg nou meel,
ekstrak, melk, neut en peper by. Sit
hitte laer en prut vir 15 – 20min. totdat groente sag is. Puree deur ‘n menger of growwe sif en gooi
terug in pot. Voeg room, sjerrie en kaas
by.
No comments:
Post a Comment