16.4.12

Houtbankie

Ons het onlangs ‘n tweedehandse houtbankie opgetel wat ideaal is vir ons stoep wat uit die braaikamer loop.  
My beminde het met ‘n gestoei die stoep wat ‘n maand terug net grond was, plavei – so nou is dit net vir afrondingswerk.  
Die rooibruin bankie spog nou met 'n nuwe spierwit laag verf wat saam met ‘n paar potplante die stoep vars en welkom laat.  
As ek net die verf van my hande kan afkry...


2 comments:

  1. daar gaan nog baie planne op daardie bankie gemaak word!!!

    ReplyDelete