Met my selfoonkontrak wat onlangs verval het, het ek vandag 'n spiksplinternuwe Blackberry gekry. Wat my egter baie meer opgewonde maak as die kommunikasietoestel is die geskenk(kontant)bewys wat hiermee gepaard gaan.
In plaas daarvan om 'n versapper te koop soos ek aanvanklik beplan het, het ek by my beminde verneem dat ons veel meer sal baatvind by 'n wafelmasjien. So gesê so gedaan.
Met my Kook en Geniet in die een hand en meel, bakpoeier en geskeide eiers in die ander, is 'n feesmaal voorberei.
Wie wil nou 'n Kentuckyvlerkie hê as daar wafels met roomys op die spyskaart is?
Dit lyk heerlik! Ek sal dit sommer my stapelvoedsel maak! Wafels met roomys, wafels met stroop....wafels met mince...
ReplyDelete