Al het ons reeds byna 100 ton se gemors weggery (of laat wegry) weens die aanbouings, het ons 'n bakkievrag vol onbruikbare staal gister na die scrap metal plek in Hermanstad gevat.
Wat 'n belewenis - en nie van die goeie soort nie. Ek was benoud vanaf die eerste oomblik dat ons wielie die stofpad getref het.
Daar is berge staal wat afgegooi is om weer verkoop te word, 'n halfdosyn werkers en 'n magdom lede van die publiek wat 'n rand of twee wil verdien met 'n stukkie pyp of 'n stukkende skottel.
My beminde het nie my vrees gedeel nie. Inteendeel, my man is 'n man van staal. Deur elke gangetjie, om elke draaitjie en bo-oor afval wat 'n hindernisbaan vorm beweeg hy soekend na 'n moontlike skat. En dit kry hy toe ook in die vorm van 'n vlekvryestaal emmer en 'n lampskerm van lemmetjiesdraad.
Sy oë skitter van blydskap en ek wil net vlug na 'n veiliger hawe!
No comments:
Post a Comment