Ek het nou 'n oormaat John Steinbeck in. Van die drie wat ek in die laaste paar weke gelees het was The Red Pony by verre my gunsteling.
Steinbeck vang die ingbore onskuld en goedheid van mense vas en ontdek deur 'n eenvoudige storie die misterie en hartseer wat met verlies gepaard gaan.
Dis 'n pragtige verhaal vir jonk en oud en hoewel dit in 1933 publiseer is bevat dit 'n universiële kwaliteit met betrekking tot die verhouding tussen mens en dier.
“No matter how good a man is, there's always some horse can pitch him.”
No comments:
Post a Comment