Ons gaan stap elke oggend met Smallies - of soos ons papagaaitjie sal sê: Spallies.
Vanoggend was dit nog pikdonker en bibberkoud toe ons die strate aandurf, verby blaffende brakke en padwerke wat lyk of dit nooit tot 'n einde gaan kom nie.
My beminde merk dat die huis op die hoek deur nuwe intrekkers beset word, dat die groot bome afgekap is en dat daar 'n paar bokse op die sypaadjie staan. Aasvoëls wat ons is moes ons eers gaan snuffel... en hoera! Drie pragtige glas lampskerms; ideaal vir ons nuwe kantoor, badkamer of speelkamer.
'n Bietjie seep en water, vernuf van my beminde en ons huisie word verander in 'n paleis!
`n "before & after" sal waardeer word!
ReplyDelete