3.6.12

Monopoly

Ons hou van bordspeletjies en speel veral Rummicup, Scrabble en Uno.
Gisteraand het ons die Monopoly uitgepak vir 'n spel wat skaars twee ure lank was - glo my, dis baie kort vir hierdie eiendoms- en kansspeletjie.
Die rede hiervoor is dat ek, wat bittermin aan die wenkant is, vir 'n vreemde rede al die eiendomme en kontant met min moeite voor my gehad het.
Hoe wonderlik sou dit nie wees as dit regte bates was nie!


1 comment:

  1. My kant het nog NOOIT so gelyk as ek Monopoly speel nie!

    ReplyDelete