Die vertellings van die Paryse lewe is in tipiese Brink-styl met temas wat nie sommer in reisgidse te vinde sal wees nie. Sketse van boemelaars, snaakse losies en arm kunstenaars is maar van die vreemde inspirasie waarmee André Brink Parys inkleur.
Brink se woordkeuses en vergelykings is uniek aan sy baanbrekerwerk in Afrikaanse prosa en sal altyd ‘n gunsteling bly.
Pot-Pourri is in 1962 uitgegee met sy laaste druk in 1967. Indien jy êrens hierdie juweel kan opspoor (veral as hy ‘n stofomslag het), raai ek jou aan om vir hom ‘n plekkie te kry in jou boekrak.
“En dag vir dag staan die son skroeiend in die stil wit lig: nie die goue, milde son van die suide waar Van Gogh van kleure gek geraak het nie, maar ‘n boosaardige, bedrukkende vlambal wat genadeloos alle mure deurdring en die stad ‘n smeulende bakoond maak.”
No comments:
Post a Comment