Ek wens die woord gestrand het iets te make gehad met sand en see en warm dae, want glo my vry, ek sou enige iets gee om nou gestrand op die strand te wees.
Die teendeel is egter die geval. Ons bakkie is in vir ‘n diens en daar is vermoedelik fout met onderdele waarvan ek niks kan uitmaak nie.
Ek het geen intensie om iewers heen te gaan nie, maar die wete dat as ek sou wou in die pad val vir enige duistere rede en nie kan nie, is genoeg om my bors te laat toetrek.
Dit is eintlik verskriklik om te dink dat mens so afhanklik geraak het van vier wiele – die goeie ou dae waar Voortrekkertannies kaalvoet oor die Drakensberge getrek het laat my skoon skaam kry.
No comments:
Post a Comment