Met al die terugslae wat ons ervaar het is die bouery nou weer volspoed aan die gang. Die tweede verdieping word met nuwe moed deur die bouers aangepak en ons is vasbeslote om dak op te sit voor die einde van die jaar.
Al is net die een muur van ons nuwe kantoor reeds gebou, sien ek ons werksplekkie met boekrakke teen die muur en die warm son wat ons lui maak teen laatmiddag. En bowenal sien ek uit na ‘n kantoor wat skoon en netjies is – ons leef nou soos die karakters van Grey Gardens.
kamp, en nie leef, sal n beter beskrywing wees!! min dae!
ReplyDelete