In die gejaagdheid van bou, werk, eksamen en troue reël is daar maar min tyd vir stilsit en ontspan.
Gisteraand het dit gevoel of ons die loterywenners is toe ons gesellig om ‘n vuurtjie kon sit en met nabetragting opinies lewer oor die afgelope week se verrigtinge.
‘n Heerlike stukkie rumpsteak is tot absolute perfeksie op die rooiwarm kole gebraai en dit is verorber saam met ‘n romerige mieliegereg.
Mieliegereg:
1 Blik Soetmielies
1 Koppie Melk
2 Eetlepels Maizena
3 Eiers
1 Eetlepel Botter
⅓ Teelepel Bakpoeier
2 Eetlepels Suiker
Knippie Sout
Meng alles saam en bak teen 180C tot ligbruin.
daardie braaier was een van die beste kopies wat ek nog by Cash converts opgeraap het
ReplyDelete