Ek was nog nooit in Limpopo provinsie nie, so toe die geleentheid hom aandoen dat my beminde moes deurskiet Lephalale toe was ek in die motortjie voor jy kon sê mes.
Nie een van ons was seker hoe ver presies ons sou ry nie, want Google Maps en ons GPS se tye het met 'n uur verskil. Koue vleis, driehoekkasies en hardgekookte eiers was dus aan die orde van die dag.
Dit het ons net minder as vier ure geneem om die 282km tog te voltooi. Die rede hiervoor: padwerke, en baie daarvan. Ons is deur omtrent sewe stop-and-goes met 'n wagperiode van 30 minute. Ons was gelukkig om nie so lank te wag nie, maar dit bly 'n hindernis.
Die omgewing is asemrowend. Selfs nou in die Julie begin groen gras voelers uitsteek en perskebome pragtig pienk bot. Nie dat dit voel of dit kan winter raak daar nie, dit was 'n kokende 27 grade.
Ek sien myself beslis nie as 'n inwoner van Limpopo nie, maar sal beslis 'n poging aanwend om 'n wegbreek naweek te reël - ek kan my net indink hoe pragtig dit in die somer sal wees.
ek kon nie die gekookte eiers die skuld gee en moes 2 keer "vuil lug" of moontlike hoenderplase in omgewing blameer :)
ReplyDelete