Ek dreig al vir jare om The Catcher in the Rye van JD Salinger te lees.
Hoewel die eerste kwart van die boek my benoud gehad het (ek het begin dink dat ek te veel verwag het van hierdie welbekende novelle), het ek teen die laaste bladsy besef dat dit inderdaad een van die heel beste boeke is wat ek tot dusver gelees het.
Die storie is eenvoudig met 'n enkele hoofkarakter: Holden Caulfield. Sy avonture in New York word op 'n siniese wyse oorgedra - die sarkasme en oordrewenheid van die vertellings laat mens stom.
Dit is moeilik om te glo dat die boek in 1951 gepubliseer is. Met al die ontwikkeling en tegnologie sedert die 50's is dit tog duidelik dat die menslike psige nog presies dieselfde en universieël is.
As jy net een boek in jou lewe lees moet The Catcher in the Rye beslis op jou kortlys wees.
“What really knocks me out is a book that, when
you're all done reading it, you wish the author that wrote it was a
terrific friend of yours and you could call him up on the phone whenever
you felt like it. That doesn't happen much, though.”
No comments:
Post a Comment