Ons is mal oor burgers, veral as jy die ligte moet afsit as jy dit eet (weens die sous wat teen jou gesig afloop).
Daar het 'n klipgooi van ons huis 'n Burger Bistro oopgemaak, en diƩ nuwe burgers moes probeer word. Die spyskaart is indrukwekkend en sluit 'n verskeidenheid eksotiese kombinasies in: Romerige bloukaassous met roket; Emmentaler kaas met jalapeno sous; Grondboontjiebottersous met spek; Brie met aarbeie, balsamiese asyn en swart peper en vele meer.
Ek het laasgenoemde gekies en kan dit aanbeveel vir enige een met 'n sin vir avontuur.
Deel asb daai Bistro se adres? Dankie!
ReplyDeletePierneefstraat, oorkant Toni's Fish & Chips. Enjoy! :)
ReplyDelete