Ons vroeë verjaardaggeskenke van ons Pretoria-familie was kaartjies vir die OMD-show by Emperor's Palace.
Wat 'n belewenis!
Dié Britte het ons op die punte van ons stoele gehad - spreekwoordelik - want almal het aan't spring en handeklap en saamsing geraak. Die gees van die sowat 10 000 mense was een van nostalgie; om hul jongdae te herleef (meeste van die toeskouers was in die 1980's jeugdiges). 'n Regte rock-konsert!
Hoewel elke liedjie jou hoendervleis gegee het was die hoogtepunt Maid of Orleans.
No comments:
Post a Comment